1. Janto Dreijer
  2. pynetkey
Issue #28 new

Timeout without error

Ludwig Schmidt
created an issue

Hey Janto

Ek vind dat my internet soms afgaan terwyl pynetkey oop is. Pynetkey bly groen. As ek weer Open Firewall click, werk dit weer.

'n Vriend van my het dieselfde ondervind, en het my 'n ruk terug al daarvan gesê. Dit is vandag egter die eerste keer wat ek hierdie probleem gereeld ondervind.

Vanuit Huis De Villiers het ek die probleem moontlik minder as 1 maal per dag ondervind. Ek het dit die laaste paar uur vanuit E&E so elke 5 tot 15 minute ondervind. Dit maak nie vir my sin dat dit spesefiek op E&E of akademiese netwerk slegter sal wees nie nie, en mag dalk net toevallig wees.

Weergawe: Windows 11-Apr-2012

Dankie Ludwig

Comments (8)

  1. Janto Dreijer repo owner

    Hallo Ludwig,

    Kan jy dalk 'n empty file "debug_flag_file" (sonder 'n extension) in dieselfde directory as pynetkey.exe sit en dan pynetkey restart? Dit sal veroorsaak dat meer data na die log file geskryf word.

    Dit klink asof die probleem is dat die renew funksie nie werk nie. Dit klink soos 'n server-side issue, maar miskien kan ek iets doen om die situasie te verbeter.

  2. Anonymous

    Hi, ek het al baie keer dieselfde ervaar. Dit wil voorkom asof dit meer gebeur in piek tye, soos in die aand rondom 7 uur.

  3. Ludwig Schmidt reporter

    Hey Janto

    Jammer dit het so lank geneem, maar hier is weer 'n bietjie terugvoer. Die fout is sporadies en kom en gaan.

    Ek het ook intussen begin om die inetkey website te gebruik. Die automatiese oop en toemaak van die FW spaar egter vir my baie geld, en ek het dit aan my internetrekening begin agter kom.

    Hier is 'n kort stukkie log: http://pastebin.com/GFekbVhw

    Pynetkey was oranje en toe. Ek het die FW toe oopgemaak. Iewers tussen 12:00 en 14:18 het die FW weer toe gegaan. Inetkey het groen gebly. Die bevel "Open FireWall" het geen invloed gehad nie. Daar was egter ook geen verdere log entries na ek die bevel gegee het nie, en dit is heel moontlik dat dit deel van pynetkey laat hang het. Die Right-click menu het egter nog op gekom.

    Ek voel dit is die moeite werd om die Windows weergawe van Pynetkey weer reg te kry. 'n Hele klomp van my vriende het dit altyd gebruik en verkies bo die standaard metode. Hulle het egter amper almal die laaste ruk oor gegaan na die website aangesien inetkey hierdie probleme gegee het.

    Die website is ook nie sonder foute nie, en ek en 'n vriend het by tye gevind dat dit elke paar minute refresh moet word. Dit gebeur egter min. (Dis nou net as bietjie ekstra inligting)

    Groete Ludwig

  4. Janto Dreijer repo owner

    Kan jy dalk bietjie vroer in die log file kyk. Na die laaste "renewing firewall..." boodskap. Ek vermoed dat daar 'n connection-issue was wat die renewing funksie gebreek het. Dis moontlik dat daar 'n boodskap was soos "trying to recover from renew failure".

  5. Log in to comment